Die Namakwa Distriksmunisipaliteit het gister 'n "Memorandum van verstandhouding" met Old Mutual geteken om 'n raamwerk daar te stel vir samewerking met betrekking tot kapasiteitsbou en ontwikkeling in die distrik. Dit sluit in, onder andere, finansiĆ«le welstand aktiwiteite, alternatiewe beleggings of befondsing vir kapasiteitsbou van plaaslike regering. Die plaaslike munisipaliteite, behalwe Nama Khoi Munisipaliteit, het die geleentheid bygewoon.