Die ANC in die Noord-Kaap veroordeel die moord op Theo Diteho nadat hy na bewering deur die ANC-takvoorsitter in die ZD Mgcawu-distriksmunisipaliteit aan die brand gesteek is. Deshi Ngxanga van die ANC sê Elvin Sikhepe (39) en twee medebeskuldigdes is in hegtenis geneem en aangekla van moord en ontvoering.Theo Diteho was 'n gr. 6-leerder aan die Oranje Oewer Intermediêre Skool in Upington. "Die ANC het met ’n proses begin vir die onmiddellike skorsing van sy takvoorsitter en met die bedoeling om hom so gou moontlik uit te sluit," sê hy.