By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 15 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Radio Nfm besig om n nuwe baadjie aan te trek
Terwyl Radio NFM gereedmaak om hul 20ste
bestaansjaar te betree, kom die nuwe era met opwindende maar tog uitdagende
veranderinge en toevoegings, om NFM op internasionale vlak te laat floreer. Nfm
is nou besig om nuwe sagteware en rekenaar toerusting te installeer.
Omroepers, tegnikusse en bestuurslede is
alreeds vanaf Maandag besig met intense opleiding in die radio-industrie,
moontlik gemaak deur SASOL.
Intussen is SASOL wat met Radio Nfm 'n
vennootskap gesmee het, besig om seinverspreiding van die radio te versterk en
uit te brei.
Sasol is tans die tweede grootste
nywerheidsmaatskappy in die land en een van die grootste multinasionale
maatskappye wat hulle oorsprong in Suid-Afrika het.
Die maatskappy het ook n implementerings
agent MINT FRESH aangestel om verskeie ander opleiding te doen in verskillende
areas van Radio en uitsaai.
Binnekort sal NFM deur die installering van
sendersein in areas soos Richtersveld, Khai Ma en Kammiesberg, die grootste sein
verspreidings oppervlakte dek in die Noordkaap.
Related News