By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 15 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Health
Lekwene belê vergadering met leierskap van die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleging
As deel van die versterking van
samewerkende pogings en multi-dissiplinêre opleidingsbenadering om
gesondheidswerkers te bemagtig om kwaliteit gesondheidsdiens in die provinsie
te lewer, het die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, mnr Maruping Lekwene het 'n
vergadering met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Raad van Verpleging
(SARV) belê en gesels oor die heraanbieding van verpleegprogramme by die
Henrietta Stockdale Verpleegkollege.
LUR Lekwene was vergesel deur die
Departementshoof, dr Dion Theys; Ministeriehoof, me Lorato Moleleki en
Henrietta Stockdale Verpleegkollege se hoof, dr Appolus.
Na uitgebreide beraadslagings het die
leierskapkollektief besluit om nou saam te werk om alle struikelblokke wat die
verpleegkollege in die gesig staar, aan te spreek (soos vervat in die
verbeteringsplan).
Die Henrietta Stockdale Verpleegkollege is
geakkrediteer vir 'n inname van verpleegstudente volgende jaar.
Related News