By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 15 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Public Announcement
Die polisie begin met ‘n werwingsveldtog om misdaadbekamping te maksimeer
Die
Suid-Afrikaanse Polisiedienste is op soek na burgers wat ‘n loopbaan as
intreepolisieleerlinge vir die Polisie-ontwikkelingsprogram wil volg. Die
2024/25-veldtog het ten doel om tienduisend jongmense tussen die ouderdomme 18
tot 35 te werf en wat opgelei sal word om die land te beskerm en te dien. As
die manne en vroue in blou, is daar meer as 200 loopbaanpaaie in sigbare
polisiëring, misdaadondersoeke en ondersteuningsomgewings. Die Noord-Kaapse
polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê die ouderdomswerwing vir
nuwe leerlinge is verhoog. Die vereistes is op die polisiewebwerwe en sosiale
media-blaaie beskikbaar.