By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 16 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Vedanta Zinc International teken ooreenkoms vir nuwe sonkrag aanleg
Vedanta Resources Limited (Vedanta) is daartoe verbind om volhoubare
en verantwoordelike groei te lewer, wat waarde vir beide aandeelhouers en
belanghebbendes skep
Die maatskappy se visie vir omgewings-,
maatskaplike- en bestuurstoesig word deur 3 pilare ondersteun: transformasie
van gemeenskappe, die werkplek, en die planeet.
Gedryf deur sy missie om die planeet te
transformeer, het VZI begin met fase 1 van sy Hernubare Energieprogram en
ondertekening van 'n kragaankoopooreenkoms met ‘n onafhanklike kragprodusent.
“Die aanleg sal jaarliks ongeveer
29-gigawatt-ure elektrisiteit opwek en sal koolstof verminder emissies met
ongeveer 25 ton per jaar,” het Pushpender Singla, VZI Uitvoerende Direkteur en
finansiële hoof, gesê.
Related News