Die Noord-Kaapse regering het vroue gevier wat stappe doen om te verseker dat hulle sosio-ekonomiese geleenthede versnel en vroue bemagtig. Ter viering van Vrouemaand het die provinsiale regering LUR Galerekwe Manopele gehuldig. Manopole, wat tans die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is, gaan voort om vordering te maak in die pleit vir die transformasie van die samelewing en ekonomiese bemagtiging van vroue. Die Noord-Kaapse premier, dokter Zamani Saul, sê LUR Manopole is iemand wat glo dat vroue self kan organiseer en aan besluitneming kan deelneem.