SASOL en Vedanta Zinc International wat met Radio Nfm 'n vennootskap gesmee het, is besig om seinverspreiding van die radio te versterk en uit te brei. Binnekort sal NFM met die seinverspreiding wat vergroot word, deur die installering van senders in areas soos Khai Ma (Wat reeds deur Vedanta Zinc International befonds is) Richtersveld, en Kammiesberg, die grootste radio sein verspreidings oppervlakte as ‘n gemeenskaps radiostasie sal dek in die land. Sasol is die tweede grootste nywerheidsmaatskappy in die land en een van die grootste multinasionale maatskappye wat hulle oorsprong in Suid-Afrika het. “NFM is bevoorreg om met die nuwe verwikkeling opgewonde te wees wat met beter klank kwaliteit en effektiewe omroepersvaardighede gepaard gaan, glo ons dat Radio Nfm slegs van krag tot krag sal gaan. Radio Nfm 98.1 kan nou as Namakwaland se radio stasie mee ding op 'n internasionale vlak en sodoende gemeenskap te bereik en bou  soos nog nooit tevore,” het mnr. Brunhild Straussm stasiebestuurder gesê. Radio Nfm nooi ook die gemeenskappe van die onderskeie munisipale areas uit soos per sein verspreidings grense, om meer betrokke te raak. Die uitroep vir jong en opkomende joernaliste asook aspirant omroepers word gedurig benodig.