By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 18 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Theys, moet summier afgedank word ná sy skuldigbevinding en vonnisoplegging
Die waarnemende hoof van die Noord-Kaapse
gesondheidsdepartement, dr. Dion Theys, moet summier afgedank word ná sy
skuldigbevinding en vonnisoplegging in die gespesialiseerde handelshof in
Kimberley gister.
Theys is skuldig bevind aan die oortreding van artikel
86(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur nadat hy drie huurooreenkomste
ter waarde van meer as R13 miljoen met JP Hugo Trading aangegaan het sonder om
die wetlike voorskrifte en aankoopprosesse te volg.
Theys is gevonnis tot 'n boete van R150 000 of drie jaar se
tronkstraf, waarvan R100 000 of twee jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie
weer in daardie tyd aan dieselfde misdryf skuldig bevind word nie.
Zamani Saul het oor die afgelope paar jaar, toe hy op verskeie
geleenthede deur die DA gevra is oor dié kwessie, probeer om die erns van
oortredings van finansiële wetgewing te minimaliseer.
Related News