By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 18 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Noord-Kaap Onderwysdepartement het sy 2024 Aanlyn Toelatingsproses afgehandel
Die Noord-Kaap Onderwysdepartement het sy 2024 Aanlyn
Toelatingsproses afgehandel en het die plasing van alle leerders (23 913) wat
in die 2024 skool akademiese jaar via die elektroniese toelatingstelsel vir
Graad R, 1 en 8 aansoek gedoen het, suksesvol afgehandel.
“Ouers en Wettige voogde sal vandag per sms ingelig word
oor die uitslag van hul aansoek. In die geval waar ouers 'n appèl wil aanteken
op grond van die uitslag van hul plasing, het hulle 'n reg om (aanlyn) by die
Kantoor van die LUR te appelleer. Die LUR-beoordelaars en ouers word van die
uitslag ingelig,” het die woordvoerder van die departement Geoffrey van der
Merwe gesê.