By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 22 Aug 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Burgemeester Imbizo vind vandag op Eksteenfontein plaas
Die Burgemeester van die Ricthersveld plaaslike munisipaliteit, Raadslid
Cornell Knoph gaan vandag in Eksteenfontein die Burgemeesters Imbizo aanbied
vir lede van die gemeenskap. Gister het die kantoor van die burgemeester ‘n knock
and drop op Eksteenfontein gedeon, hulle pamflette uitgedeel wat
gelei het tot die opbou van vandag se Imbizo.Inwoners van die munispale
regsgebied was aangemoedig om die Imbizo by te woon en gebruik te maak van
departementele dienste wat teenwoordig gaan wees soos; GCIS, Gesondheid,
Onderwys, Samewerkende regering, Ekonomiese sake, Openbare werke, Vervoer
Veiligheid en Sakakeling, Binnelandse Sake, Korrektiewe Dienste. SASSA, Sport
Kuns en Kultuur, Justisie, Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling,
Arbeid, Suid- Afrikaanse Polisiediens, OVK, Namakwa- Distrik munisipaliteit. Die
Imbizo gaan om 10uur begin by die Eksteenfontein Gemeenskapsaal, Wyk 1
Richtersveld.
Related News