Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, het haar verbintenis tot die bevordering van vrouebemagtiging uitgespreek. Kubayi het die naweek ‘n tweedaagse Menslike Nedersettings Vroue Indaba in die Noord-Kaap aangebied. Sy het belowe om beleid en regulasies te verbeter wat vroue in die sektor beskerm en om finansieringsvennootskaptoegang en kapasiteitsbou te fasiliteer. Sy het ook belowe om te verseker dat 40 persent van fondse aan vrouekontrakteurs bestee sal word en om toegangsversperrings tot die sektor te verwyder. Verskeie afgevaardigdes het ook hul wysheid en ervaring met vroue in die sektor gedeel en belowe om hulle te help om hul besighede te laat groei.