Met die viering van Vrouemaand vier die Noord-Kaapse Provinsiale Regering vroue wat groot vordering maak om te verseker dat die sosio-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue versnel. Die vrou wat vandag gevier word is me. Dipuo Peters van die Noord-Kaap. 'n Voormalige premier van die Noord-Kaap, en het ook in verskillende hoedanighede in beide die Provinsiale Uitvoerende Raad en Nasionale kabinet gedien. Me. Dipuo Peters dien tans as Adjunkminister van Kleinsakeontwikkeling in die Republiek van Suid-Afrika. ’n Aktivis wat haar hele lewe gewy het aan die sosio-ekonomiese emansipasie van die mense van Suid-Afrika, in die besonder vrou. Sy gaan voort om die mense van die land ywerig en onvermoeid te dien.