By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 25 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Accident
Noord-Kaap Gesondheidsdepartement vier Be An Angel-dag
Die
Noord-Kaapse Departement van Gesondheid se Direktoraat Menslike Hulpbronne het
Dinsdag die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal besoek om glimlagte op die
kinders te plaas ter viering van Be An Angel-dag. Die direktoraat het hierdie
geleentheid gevier deur die gehospitaliseerde kinders te besoek en vrugte te
bring as ‘n blyk van waardering. Be an Angel-dag is ‘n dag wat goeie optrede en
vriendelikheid aanmoedig om erkenning te gee aan diegene wat soos engele vir
ander was.