Die gemeenskap van Wyk 8, wat bestaan uit Kleinzee, Komaggas en Buffelsrivier word uitgenooi na gemeenskapsvergaderings wat van kardinale belang is. Die vergaderings gaan plaas vind op Maandag 28 Augustus. Op Buffelsrivier om 10:00 in die Gemeenskapsaal, Komaggas om 14:00 in die Raadsaal en Klienzee om 17:00 by die Rec Club. Die sameroeper van die vergaderings is die wyksraadslid Amos Palori.