By: Bernadine Edith HeinDate: Sat, 26 Aug 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Noord- Kaapse provinsiale wetgewing gaan voort om vroue te vier
Gister was die laaste Vrydag van Vrouemaand, en die Noord-
Kaapse provinsiale wetgewing gaan voort
om vroue te vier wat vordering gemaak het om te verseker dat die provinsie se
sosio-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue versnel.
Mev Nontobeko Vilakazi van die Noord-Kaap, was die
daaropvolgende vrou wat deur die wetgewing vereer was. Mev Nontobeko Vilakazi
definieer die konsep van 'n 'kampioen van die mees kwesbares' en het haar hele
wese toegewy aan die regte van die kind en gelykheid vir vroue oral.
Deernisvol en veerkragtig, mev Vilakazi het 'n vaste
voetspoor in elke gemeenskap regoor die Noord-Kaap en het onbaatsugtig en met
onderskeiding in die Noord-Kaapse Wetgewer gedien.
Mev Vilakazi is 'n vooraanstaande leier en beklemtoon die
belangrikheid van morele beginsels.