PinkDrive NPC, 'n gesondheidsektor nie regerings organisasie, is in 2009 gestig deur me. Noelene Kotschan, op die uitgangspunt dat "Vroeë opsporing help om lewens te verleng." PinkDrive se kardinale doel is om betekenisvol by te dra om soveel mense as moontlik te bereik sodat hulle bors-, servikale, prostaat- en testikulêre kanker vroeg kan opspoor en teenstry. Die Pink Drive se primêre fokus is op burgers sonder toegang tot redelike sorg vir hierdie toestande, en wat in gebiede woon waar gesondheidsdienste nie bereik nie. Pink Drive in samewerking met Vedanta Zinc International gaan die week in die Nama Khoi en Khai Ma plaaslike munisipaliteite siftings doen. Die Pink Drive skop vandag om nege uur af by die Matjieskloof kliniek. Op Dinsdag gaan hulle na Komaggas en Woensdag is dit Nababeep. Gemeenskapslede word aangemoedig om gebruik te maak van die gratis gesondheidsdienste om kanker te voorkom.