Ter afsluiting van Vrouemaand het die LUR verantwoordelik vir jeug, vroue en persone met gestremdhede me. Venus Blennies die Makoti Enkosi-geleentheid gister, 2 September 2023, bygewoon ter ere van die viering van vroue wat groot vordering maak as leiers. Dit het plaasgevind by die Flamingo Casino.  Die geleentheid is deur die stigter en gesoute sanger Puleng March wat die jaarlikse geleentheid se 10de herdenking vier, sedert die ontstaan daarvan in 2013. Die doel was en is om vroue effektief te vier en te bemagtig. Die geleentheid bied optredes van van Suid-Afrika se top Gospel-kunstenaars en wêreldbekende sprekers. Deur die bediening poog LUR Venus Blennies om vroue te verenig en hulle te bemagtig om hulle te help om grense te breek en nuwe hoogtes te bereik!