Operasie "Shanela" bly doelbewus in die bekamping van misdaad in die provinsie wat 244 arrestasies meegebring het. Aksies is uitgevoer vanaf Maandag, 28 Augustus tot Sondag, 03 September 2023 en het bestaan uit stop- en deursoekings, voertuigkontrolepunte, deursoekings, hoësigbaarheidspatrollies, voldoeningsinspeksies by drankafsetpunte, opsporingsbedrywighede deur speurders, besoeke aan besighede en tweedehandse goedere handelaars. Polisie bemaptes regoor die provinsie het talle aksies uitgevoer wat 11 padblokkades, 48 voertuigkontrolepunte  ingesluit het, waartydens 3  003 voertuie en 7 281 persone deursoek is en talle boetes uitgereik is vir oortreding van die wet. Hierdie aksies is ook versterk deur 1 474 hoësigbaarheid blouligpatrollies en honderde voetpatrollies regdeur die Noord-Kaap provinsie.