JLK Business Consulting is aangestel deur Globaleq om inligting te samel ten opsigte van gemeenskaps behoeftes of projekte. Hulle gaan Onseepkans gemeenskap in die Khai Ma plaaslike munisipaliteit besoek op Donderdag, 07 September 2023, om inligtings sessies met die onderskeie gemeenskappe te hê. Dit sal plaasvind in die onderskeie gemeenskapsale; Melkbosrand om 10uur, Viljoensdraai om 12uur en Sending om 2uur.