Afknouery is 'n ongewenste, aggressiewe gedrag onder skoolkinders. Die gedrag word herhaal of het die potensiaal om oor tyd herhaal te word. Beide kinders wat geboelie word en wat ander boelie, kan ernstige en blywende probleme hê. Daar is drie tipes afknouery wat verbale, sosiale en fisiese afknouery is. Afknouery kan tydens of na skoolure voorkom. Terwyl die meeste gerapporteerde afknouery in die skoolgebou plaasvind, vind 'n beduidende persentasie ook plaas op plekke soos op die speelgrond. “Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Port Nolloth het op 31 Augustus 2023 'n bewusmakingsveldtog teen afknouery by Laerskool Stephen Malrber in Eksteenfontein gehou.  Personeel van Port Nolloth SAPD, Youth Desk, DTSL-deelnemers, 35 leerders en vier onderwysers was aanwesig. Leerders is geleer oor afknouery en hoe dit nie by die skool toegelaat word nie, aangesien dit ernstige nagevolge kan hê,” het plosiewoordvoerder Lt Kol Sergio Kock gesê.