Die Komitee oor Water en Sanitasie het die Departement van Water en Sanitasie asook die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake 14 dae gegee om op watertekorte in die Noord-Kaap en Noordwes te reageer. Die komitee het petisies van geaffekteerde gemeenskappe in Rustenburg en Warrenton oor die watertekorte ontvang. Die komitee vereis van die departemente om ‘n antwoord in te dien waarin die munisipaliteit se infrastruktuurtoekenning se impak op die herstel en instandhouding van waterstrukture uiteengesit word. Hierdie inligting sal die komitee help om die probleem te assesseer en langtermyn oplossings te vind.