Die Bate-beslagleggingseenheid in Kimberley het die eiendom van beweerde onwettige mynwerkers in Kleinzee, met 'n geraamde waarde van meer as R960 000, beslag gelê ná 'n multi-dissiplinêre klopjag wat deur die SAPD gelei is. Mojalefa Senokoatsane, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die bates is vermoedelik die opbrengs van onwettige mynaktiwiteite wat deur die ambagsmynwerkers by die De Beers-myn in Kleinzee, sowat 62 kilometer van Port Nolloth is. “Die SAPD, onder leiding van die kantoor van die adjunk-provinsiale kommissaris in Kimberley, het 'n klopjag uitgevoer waar verskeie myngereedskap, meer as 100 kragopwekkers, domkraghamers, grawe en pikbyle wat na bewering vir onwettige mynaktiwiteite gebruik is, op 6 Julie 2022 gekonfiskeer is.