By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 20 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Other
Vordering word gemaak met Elektrisiteitsopgradering in Nama Khoi
Die Nama Khoi-munisipaliteit verwelkom die elektriese
opgradering wat tans aan die gang is.
Die speaker van die
munisipaliteit Rodney Kritzinger het op sosiale media laat hoor dat die
opgewondenheid baie groot is met die opgradering wat kom.
Dit kom nadat gemeenskapslede in Wyk 8 vele elektrise en
water uitdagings in die gesig staar.
Daar was ook kommer uitgespreek oor die onvoldoende en
onsuksesvolle pogings om waterkwessies in Komaggas en Buffelsrivier te takel.
Kritzinger het bevestig dat hy ontmoet het met die span wat
van vandag af na die opname en herstel van alle Straatligte in Eskom
verspreidingsdorpe gaan en sal omsien.
Volgens inligting is daar areas wat al vir meer as n dekade
sonder werkende staatligte sit. Inwoners het ook hul dankbaarheid ge-uiter vir
die ingrypings deur die munisipaliteit.