’n Een-en-twintigjarige vrou word vandag terug in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap verwag vir ’n formele borgtogaansoek. Andiswa Bayi is op 8 September in hegtenis geneem, ‘n dag nadat sy ‘n pasgebore baba uit ‘n hospitaal in Kimberley ontvoer het. ’n Uitgebreide soektog is van stapel gestuur en die babadogtertjie is ongedeerd in Bayi se besit gevind. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, sê Bayi is sedert haar hofverskyning verlede week in aanhouding.