Twee verdagtes het Woensdag in die Prieska-streekhof in die Noord-Kaap verskyn op aanklagte van verkragting en aanranding om ernstig te beseer en poging tot verkragting. Simon Tallies is op 4 Julie gearresteer vir die verkragting van sy stiefdogter. Tallies het die slagoffer met ‘n stok begin slaan voordat hy haar verkrag het. In ‘n ander voorval het ‘n agtjarige slagoffer vir haar ma gesê dat haar pa haar seksueel aangerand het. Die saak is aangemeld en die verdagte is tot 14 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot verkragting. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, sê die polisie verwelkom die vonnisoplegging van die twee verdagtes.