By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 22 Sep 2023Language: AfrikaansCategory: Government
Die DA is bekommerd oor die Noord-Kaap regering se reaksie op die nasionale finansiële krisis
Die DA in die Noord-Kaap is
bekommerd dat die provinsiale regering versuim om behoorlik vir die impak van
die nasionale finansiële krisis te beplan. Dít volg vrae wat tydens gister se
huissitting van die provinsie gestel is. Die DA sê gister se reaksie bevestig
dat die provinsie die begroting met 750 miljoen rand moet sny. Die DA se Fawzia
Rhoda sê dit sal ‘n beduidende impak op basiese dienslewering en die vermoë van
departemente om hul pligte na te kom, hê. Sy sê dit wil voorkom asof die
provinsiale regering nie die werklike erns hiervan besef nie.