By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 03 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Munisipaliteite spandeer en verloor miljoene weens beurtkrag
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi
Nkadimeng, sê verbruikers in nagenoeg 80 munisipaliteite het reeds meer as een-komma-ses
miljoen rand spandeer om infrastruktuur te herstel wat beskadig en
gevandaliseer is tydens tye wat beurtkrag toegepas word.
Sy sê verder dat by 79 van die land se 257 munisipaliteite het beurtkrag
ook bygedra tot inkomsteverliese van meer as 21 miljard rand in totaal per jaar.
Die inligting is openbaar in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag
oor besonderhede van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering
(Salga) se beoordeling van alle munisipaliteite om munisipale uitgawes en inkomsteverliese
weens beurtkrag te kwantifiseer.
Related News