By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 03 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
N.U.M is ontevrede oor Eskom se planne vir groener energie
Die mynwerkersvakbond N.U.M, wat die meeste Eskom-werkers
verteenwoordig, vra vir die opskorting van ‘n klimaatsfinansieringsverdrag van
agt-komma-vyf miljard dollar met van die wêreld se rykste nasies.
Suid-Afrika het as deel van die Just Energy Transition
Partnership ingestem om te begin wegbeweeg van die opwekking van elektrisiteit
uit steenkool en om gebruik te begin maak van meer hernubare energie.
Dit sal moontlik gemaak word deur finansiering van Duitsland,
Frankryk, die Verenigde Koninkryk, die VSA en die Europese Unie.
Dit het grootliks gelei tot die sluiting van die
Komati-steenkoolkragstasie, met meer sluitings wat in die toekoms na verwagting
kan volg.
N.U.M is
bekommerd oor die bedreiging wat dit vir poste by Eskom inhou.
Related News