Die Noord-Kaapse polisie het gister twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in Kimberley. Polisielede het ‘n klag ontvang van ‘n plaaslike kafee wat privaat eiendom verkoop wat aan plaaslike supermarkte behoort. Twee mans is gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer 43-duisend rand.  ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Dikeledi Gopane, sê die twee verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.