By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 04 Oct 2023
Language: Afrikaans
Category: Other
Black Mountain Mine Kompleks help jongman om skoliere te help
RML CUTZ (EDMS) BPK, is 'n haarkapper
besigheid wat in 2023 geregistreer is deur Rowyne Koopman.
Hy is 'n 18-jarige entrepreneur van Bergsig wat hom daartoe
verbind het om die ekonomie in 'n uitdagende ekonomiese gemeenskap 'n hupstoot
te gee deur werksgeleenthede aan die jeug te bied.
Die maatskappy het drie haarkappers uit die gemeenskap in
diens geneem.
Wat Rowayne van ander haarkappers onderskei, is dat hy
verkies het om skole in Namakwaland as 'n mobiele skeerwinkel te bedien
aangesien skole in hierdie area streng op selfverteenwoordiging is, met slegs
spesifieke kapsels wat vir seuns toelaatbaar is.
Skoliere is gevolglik huis toe gestuur om hul kapsel aan te
pas, wat 'n terugslag vir hul studies was.
In die geval sal die skolier nie meer huistoe gestuur word
nie, want RML Cutz is op die skoolterrein en hulle sal hul hare by die skool
kan regmaak.
Dit beteken geen opvoeding sal van enige skolier weerhou
word vir die verkeerde kapsel nie.
Deur die Black Mountain Complex ESD Fund is RML Cutz gehelp
met befondsing om toerusting aan te koop om hare te sny.
Related News