As deel van Noord- Kaapse departement van Gesondheid se voortdurende pogings om die publiek oor geestesgesondheid op te voed en die stigma en diskriminasie rondom geestesongesteldheid te verminder het die Noord-Kaapse LUR van Gesondheid, mnr Maruping Lekwene saam met die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, mnr Abraham Vosloo, burgemeester van Kai !Garib plaaslike munisipaliteit, Marshall Matthys en wyksraadslede het 'n goed georganiseerde Geestesgesondheidsaktiwiteit by Freedom Square in Kakamas, Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit, aangebied. Die maand van Oktober is aangewys as geestesgesondheid bewusmakingsmaand en alle aktiwiteite wat onderneem sal word, sal baie help om bewustheid oor geestesgesondheidsiektes in die samelewing te verhoog. Die tema vir vanjaar se geestesbewustheidsmaand is, "geestesgesondheid is 'n universele reg".