Dit is met ontsaglike trots en vreugde dat die Namakwa Distrik munisipaliteit hul hartlike gelukwensing aan die Suid-Afrikaanse rugbyspan, die Springbokke, uitspreek met hul merkwaardige oorwinning die afgelope naweek in Parys teen die gedugte Nieu-Seelandse span, die All Blacks. Hul uitstaande vertoning in die Rugby Wêreldbeker het almal trots en verenig as 'n nasie. “Hierdie geskiedkundige oorwinning is die Springbokke se vierde Wêreldbeker-oorwinning, wat hul plek as ware kampioene in die wêreld van rugby verstewig. Die toewyding, deursettingsvermoë en onwrikbare spangees wat ons Springbokke regdeur die toernooi vertoon het, was niks minder as inspirerend nie,” het die uitvoerende burgemeester mnr. Mervin Cloete gesê.  Hulle het nie net hul uitsonderlike vaardighede op die veld ten toon gestel nie, maar het ook die waardes van sportmangees, eenheid en veerkragtigheid beliggaam, wat ons nasie trots maak.