ActionSA sê die ANC het sy geloofwaardigheid in die Noord-Kaap verloor. Die party se premierskandidaat vir die Noord-Kaap, Andrew Louw, het gister die media toegespreek. Louw het die afname in kiesers se vertroue in die ANC die afgelope jare geskets. Volgens Louw het die ANC in 2019 57-komma-vyf-vier persent gekry, wat in 2021 met 11 persent gedaal het. Hy sê dit sal ActionSA help om sy voetspoor regoor die provinsie uit te brei.