Die gemeenskap van Pella in die Khai Ma plaaslike munisipaliteit moet kennis neem dat Bloemwater laat weet het dat daar ‘n pyplekkasie op die hooflyn en dat hulle instandhoudingspan vanoggend daaraan aandag sal gee wat daartoe sal lei dat watertoevoer vir 'n paar uur afgesluit sal word. Water moet dus spaarsamig gedurende die tyd gebruik word. “Jammer vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak,” het die munisipaliteit gesê.