By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 10 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Crime
Springbok man 25 jaar tronstraf opgelê vir verkragting
Die Noord-Kaapse SAPD Bestuur verwelkom die vonnisoplegging
van 'n 30-jarige man van Springbok vir die verkragting van 'n 5-jarige meisie.
Noord- Kaapse
polisiewoordvoerder luitenant kolonel Sergio Kock het bevestig dat op 1
November 2020 het die slagoffer van haar huis na 'n nabygeleë winkel gestap toe
sy deur die beskuldigde aangerand is, wat haar na sy shack geneem en haar
verkrag het.
“Die slagoffer het
haar ma vertel en die beskuldigde is gearresteer. Hy is skuldig bevind aan
verkragting en op 3 November 2023 tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis,” het
Kock gesê.
Die Provinsiale
Hoof vir Gesinsgeweld Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (GBS), brigadier
Sipho Kheswa het Adjudant offisier Anthea Cloete Landrew van Springbok FCS
toegejuig vir haar uitstekende ondersoek.
Related News