Die Noord-Kaapse Provinsiale Regering het die Gestremdheidsregte-bewusmakingsmaand (DRAM) suksesvol by die De Aar Veeldoelige sentrum onder die tema "Konsolideer en versnel regte van persone met gestremdhede in die toekoms" van stapel gestuur. Die geleentheid het gestremde burgers en belanghebbendes uit verskillende gestremdheidsektore gelok om bewustheid en voorspraak vir die waardigheid, regte en welstand van persone met gestremdhede te skep. Bykomende opvoedkundige speelgoed en toerusting is aan die Kids Heaven ECD vir gestremde kinders oorhandig in die bevordering van 'n opvoedkundige omgewing waar kinders met gestremdhede kan leer, floreer, slaag en lei. ​