By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 10 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Man kry swaar vonnis vir die verkragting van ‘n minderjarige
Die Springbok-streekhof in
die Noord-Kaap het ‘n 30-jarige man gister tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis
vir die verkragting van ‘n vyfjarige meisie in 2020. Daar word berig dat die
slagoffer ‘n ysstokkie by ‘n nabygeleë winkel gaan koop het en die beskuldigde
op pad terug huis toe ontmoet het. Die beskuldigde, wat aan die meisie bekend
was, het versoek dat sy vir hom ook ‘n ysstokkie moet koop. Met die meisie se
terugkeer uit die winkel, het die man haar na ‘n nabygeleë plakkershuis geneem
en haar verkrag. Ten spyte daarvan dat die beskuldigde haar twee-rand vir haar
stilswye gegee het, het die slagoffer by die huis gekom en die saak by haar ma
aangemeld wat dit toe aan die polisie rapporteer het. Die woordvoerder van die
Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, sê die beskuldigde is in
hegtenis geneem en het skuldig gepleit op die aanklag van verkragting.
Related News