By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 23 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Die Valke arresteer dwelmhandelverdagte
Die Valke
in die Noord-Kaap het gister ‘n 33-jarige verdagte in hegtenis geneem op
aantygings van die handel in onwettige dwelms. Die span het inligting ontvang
oor dwelms wat by Diamond Park in Kimberley gestoor word en het dadelik ’n
deursoekingslasbrief bekom.
Tydens die
soektog het die span daarin geslaag om beslag te lê op mandrax-tablette,
crystal meth en ‘n onbekende bedrag geld.
Die
polisiewoordvoerder, adjudant offisier Mnisi Nomthandazo, sê die verdagte sal
na verwagting later vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.