By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 28 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Suksesvolle multi-dissiplinêre operasie in die Namakwa- Distrik
Om die onwettige mynbedrywighede in die Namakwa-distrik aan
te spreek, is ‘n multi-dissiplinêre operasie uitgevoer.
Dit het gefokus op ongedokumenteerde persone en die
onwettige mynbou by Nuttabooi/Bontekoe naby Kleinsee.
Die operasie is gister uitgevoer, waartydens 130 ongedokumenteerde
persone gearresteer is.
Daar is beslag gelê op gereedskap en toerusting wat
vermoedelik gebuik was in die uitvoer van onwettige mynaktiwiteite.
Die verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth landdroshof
verskyn.