By: Bernadine Edith HeinDate: Tue, 28 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Plaaslike munisipaliteit kondig kragonderbreking aan
Daar is tans
‘n kragonderbreking in die Nama-Khoi munisipale gebied.
Die areas
wat sedert drieuur vanoggend geraak is, is Springbok, Bergsig, Vaalwater,
Matjieskloof en Fonteintjie
“Die
toevoer sal in oorleg met Eskom per seksie aangeskakel word sodra die fout
bepaal is en herstelwerk afgehandel is. Hersteltyd kan dus nog nie bepaal word
nie,” het Jan Swartz, Munisipale Bestuurder gesê.
Die
munisipaliteit vra om verskoning aan die gemeenskappe.