By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 28 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Government
Meer as 150 sakevroue woon Indaba by
Die Noord-
Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het gister die Inaugural Digital Literacy
Indaba in Kimberley toegespreek.
Dis deur 150
sakevroue bygewoon.
Die
tweedaagse Indaba sal insluit digitale meesterklasse, vaardigheidsopleiding en
aanlyn besigheidsbemarkingsklasse.
Hierdie
Indaba stel die Digitale Geletterdheidsprogram amptelik bekend.
Die program
wat deur die Mme Re Ka Thusa Trustfonds bestuur word, is bedoel om 1 000
vroue-entrepreneurs te bemagtig.
Hulle sal die
geleentheid kry om basiese rekenaar- en internetvaardigheidsopleiding en
digitale bemarking vir 'n tydperk van 6 maande te verwerf.
Related News