By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 29 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Local
Verhoogdrama beeld 16dae aktivisme veldtog uit
Donderdagaand om sesuur sal daar in die Okiep Rec
Club ‘n kort dokumentêr, Kwart oor elf, gewys word.
Dit handel oor die stryd wat die transgender-individue
in die gesig staar om toegang tot geregtigheid in die Noord- Kaap.
Meer as 50-duisend Suid- Afrikaners het vanjaar aangemeld
dat hulle ‘n slagoffer van ‘n seksuele misdaad was.
Van hulle het 80% geregistreer dat hulle verkrag is.
Die dokumentêr word opgevolg deur ‘n kort ontlontings
en helingsessie deur Ester Engelbrecht.