By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 29 Nov 2023
Language: Afrikaans
Category: Local
Namakwa biblioteke kry die nodige aandag, vir beter opvoeding
Die gemeenskap van Klipfontein het gratis openbare
internettoegang gekry.
Die uurlange gratis koopbewyse is beskikbaar in 'n
radius van 20 meter.
Dit is beskikbaar by Kamiesberg Munisipaliteit vir die
gemeenskapskapslede onder andere, Burgerlike Samelewing, NRO's, Sport, Kuns en
Kultuur ens.
Die opgradering van die Rooiwal Biblioteek was
moontlik gemaak deur Kangnas Windplaas.
Die biblioteek het ‘n nuwe laag verf ontvang, ‘n
nuwe heining om die perseel te beskerm, drie bykomende skootrekenaars en opvoedkundige
speelgoed.
Daar is ‘n lugversorger geïnstalleer vir verkoeling
van die verseggende hitte op Rooiwal.
Related News