Namakwa Distriksmunisipaliteit het 3de agtereenvolgende Skoon Oudit ontvang. Dit grens aan deuglike finansïele bestuur, goeie verantwoording, gemeenskap verwante spandering, en puik monitering van publike fondse. Die ANC in Namakwa is trots en geimponeerd met leierskap van die ANC Streeks Voorsitter mnr. Mervin Cloete. Die bestuur van Namakwa Distrik Munisipaliteit beywer hulle tot goeie finansïele praktyke, dus verdien hulle opregte gelukwensing. Namens die ANC in Namakwa wil ons almal hartlik bedank vir bydrae tot die manjifieke oudit verslag.