Die Hartswater-distrikshof in die Noord-Kaap het ‘n moordsaak teen ‘n 27-jarige man tot volgende week vir borgtogaansoek uitgestel. Sobressa Bosman het na bewering sy swanger meisie verskeie kere gesteek ná ‘n rusie die naweek by ‘n taverne. Die meisie is in die hospitaal dood verklaar. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mojalefa Senokoatsane, sê die vervolging beoog om die borgtogaansoek te opponeer.