Skenkings van boeke was aan Laerskool Concordia Biblioteek ter waarde van R50 000 geskenk, en die boektrollie was moontlik gemaak deur AVBOB Begrafnisdienste. Aan die Nourivier Dubbeldoelbiblioteek (Skool en Gemeenskap), was ‘n skenking van leesmateriaal vir kinders moontlik gemaak deur Standard Bank Suid-Afrika. By Sutherland Biblioteek is ‘n Inligtings- en Visuele Vertoonhoek met betrekking tot die Herbegrafnis van Sutherland 9 in vennootskap met Universiteit van Kaapstad gemaak.