By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 29 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Government
LUR Vosloo het die Algemene Jaarvergadering van diè Departement aangebied
Die Noord-
Kaapse LUR vir Finansies Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme mnr.
Abraham Vosloo het vandag die Algemene Jaarvergadering van diè Departement aangebied.
Hierdie geleentheid is daarop gemik om erkenning te gee aan die bydrae van die
Departementele Personeel wat die mandaat van die Departement vervul om die ekonomie te laat groei en
broodnodige werksgeleenthede te skep. Die LUR het ook ‘n sertifikaat van
prestasies uitgereik aan werknemers wat die begunstigdes van die departementele
beursskema is wat hul kwalifikasies by verskillende instellings vir hoër
onderwys verwerf het.