By: Bernadine Edith HeinDate: Thu, 30 Nov 2023Language: AfrikaansCategory: Crime
Hof ontken borgtog vir man wat glo sy meisie vermoor
Die Richmond-distrikshof in
die Noord-Kaap het gister die moordbeskuldigde, Franklin Mias, se borgtog
geweier. Die 48-jarige staan tereg op aanklagte van moord op sy meisie,
Geraldine Frazenberg, verlede maand. Die Nasionale Vervolgingsgesag se
streekwoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê die hof het die saak tot 16
Januarie uitgestel. Hy sal in polisie-aanhouding bly.