Die Uitvoerende Burgemeester, mnr. Mervin Cloete het gister tydens sy mededelings die Raad bedank vir hul rol deur die gemeenskap te dien die afgelope jaar. Hy het genoem dat hulle tydens die 16dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders die euwel moet uitwis en saam staan om geweld teen vroue en kinders te bekamp. Raadslid Cloete het ook genoem dat die Spesiale Ekonomiese Sone wat vroeër vanjaar deur die kabinet goedgekeur is sowel as die suksesvolle Namakwa Ekonomiese Groeiberaad, wat onlangs plaasgevind het, mylpale vir die distrik is. Hy het ook die polisie bedank vir hul moeite met die ongedokumenteerde delwers. Cloete het ook gese die Gemeenskaplike Eiendomsvereniging bring stabiliteit tydens die mega-projekte in die Richtersveld, en het die raadslede bedank vir die werk wat hulle doen.   Intussen het die Uitvoerende Burgemeester die bestuur en personeel bedank vir hulle harde werk deur 'n derde agtereenvolgende skoon oudit te ontvang. Tydens die raadsvergadering is me. Bettie Bezuidenhout en Anna Strauss sowel as mnr. Dawid Jacobs in sy afwesigheid bedank vir hulle jarelange diens by die distrik.